160 4. Iemand wat verlang om 'n dokument of ander stuk te raad pleeg of na te vors sal 'n aparte kaartjie, duidelijk ingevul en onder teken, opgee ten aansien van elk verlangde dokument en sodanig kaartjie moet oorhandig word aan die opsiener oor die kamer voor dat enig dokument aan die applikant kan voorgele word. Een nuwe kaartjie daagiks, of 'n kaartje met die woord „uitgehou", word vereis ten aanzien van ieder dokument of stuk wat vir die gerief van een navorser van die een dag na die ander in die Nasoekkamer achter- gehou word. 5. Dokumente en ander stukke moet, sodra as die persoon aan wie hulle uitgereik is hulle niet langer nodig het nie, teruggegee word aan die opsiener oor die kamer of aan 'n bediende, wat in ruil daarvoor die kaartjies sal teruggee wat op hulle betrekking het. Elk persoon sal verantwoordelik wees vir die dokumente of ander stukke wat aan hom uitgereik is, solank as sy kaartje in besit bly van 'n beampte van die Argief. 6. Niemand sal meer as drie dokumente of ander stukke tegelyk toegelaat word nie, behalwe met die speciale toestemming van die toesighoudende beambte. 7. Dokumente en ander stukke van buitengewone waarde of van 'n baie breekbare aard sal een vir een uitgereik word of kan geweier word op sodanige voorwaardes as die toesighoudende be ampte in elk besonder geval mag nodig ag ter versekering van hul veiligheid en onskendbaarheid. 8. Alle boeke en dokumente moet met die grootste voorsigtig- heid gehanteer word. Niemand sal op enige dokument, boek of ander stuk wat aan die Argief behoort leun nie of die papier waarop hij skrijf daarop lê nie. Ingeval 'n leser die stuk wat hij besig is om n afskrif van te maak met sy vinger wil nagaan, moet hy 'n stuk papier onder sy hand plaas; sv kaal hand moet nie op die manuskrip rus nie. Niemad sal die manuskrip of bladsy wat hij besig is om 'n afskrip van te maak, met die hand waarmee hy sy pen hou aanraak nie, en sal ook nie die manuskrip of boekdeel plaas nie tussen die inktpot en die papier waarop hy besig is om te skryf.. In die riël moet die boeke op boekruste geplaas word solank as hulle in gebruik is. 9. As iemand, terwyl hy die dokumente gebruik 'n manuskrip bevlek moet hy dit dadelik aan die toesighoudende beampte rappor teer. As hy 'n resente vlek aantref moet hy dit ook rapporteer (ten einde hom van verantwoordelikheid daarvoor te vrywaar). Die versoek word gemaak dat enige gebrek of ijeskadiging van n manuskrip of boekdeel onder die aandag van die opsighouderide beampte sal gebring word. 161 10. Niemand moet met 'n potlood of ander iets enige merk maak nie op 'n dokument of boekdeel wat aan die Argief behoort. 11. Natreksels of portrette van dokumente sal deur niemand gemaak word nie sonder die specials toestemming van die Argivaris of sv plaatsvervanger, en dan slegs op 'n wyse deur hom goedgekeur en onder sy toesig. 12. Dokumente, boekdele, of ander stukke, wat aan die Argief behoort sal nie van die rakke afgehaal word nie behalwe deur een van die toesighoudende beamptes; en niemand sal onder enige om- standighede toegang tot die bewaarplek van die dokumente verleen word nie, tensy in die geselskap van 'n beampte' van die Argief- departement. 13. Niemand wat gebruik van die Argief gebruik maak sal een dokument of ander stuk van die kamer na die ander oorbring nie sonder die uitdruklike toestemming van die toesighoudende beampte. Behalwe ooreenkomstig die bepalinge van regulasie No. 15 sal geen dokument of ander stuk buite die argiefgebouw geneem word nie sonder behoorlike machtiging, nl. magtiging van 'n bevoegde Geregts- hof of van die Minister van die Staatsdepartement waaraan die sorg van die Argief toevertrou is. 14. Die fooie betaalbaar vir nasoek en kopieë van dokumente is vasgestel in Goewermentskennisgewing No. 1573 van 27 November 1918. Studente word toegelaat om sonder betaling navorsinge uit te voer en kopië te maak vir letterkundige of wetenskaplike doel eindes, mits hulle duidelik die omvang van haar studies aangee. 15. Een dokument kan tijdelik van die een argief na die ander oorgebring word vir geskiedkundige navorsing in geval die Argivaris oortuig is dat die dokument nie op 'n ander wijse beskikbaar is nie en dat die navorser nie na die plek kan gaan nie waar die dokument permanent gehuisves is. Die onkoste daaraan verbonde moet deur die navorser betaal word en 'n deposito om sodanige onkoste te dek moet van hom verkry word voordat die dokument oorbring word. 16. Iemand wat hom van de Argief bedien sal vir die eie ge bruik van die Argief-depot waar hy sy navorsing uitgevoer het een of meer kopieë (na goeddunking van die Argivaris) stuur van enig gepubliceerde werk gegrond oo materiaal geput uit dokumente wat aan hom in gemelde depot verstrek is. 17. Sambrele, stokke of sakke sal nie in die nasoekkamer ingeneem word nie, en pakkies sal nie op die tafels geplaas word nie. 18. Stilte moet in die nasoekkamer bewaar word. 19. Dis verbode om te rook of vuurhoutjies te trek in 'n plek waar dokumente bewaar of gehanteer word.

Periodiekviewer Koninklijke Vereniging van Archivarissen

Nederlandsch Archievenblad | 1930 | | pagina 11